Die datum was 7 Maart 2013, dit was ‘n donderdagaand. Soos ouder gewoonte het André Action Cricket gehad. Ansie, wat uit die huis uit wou kom, gaan saam haar suster (wat vir n vriend gaan kyk) Action Cricket toe en André speel toevallig ook saam die vriend. André het ‘n pienk "dingetjie" (veil) op sy kop gehad (hulle sê hy was die slegste speler vir die vorige game) en Ansie kon nie vir André mis kyk nie. Daardie Saterdag besluit Ansie en haar suster om vir André en sy vriend te kom pla by Ridgebacks. Gelukkig is André nie ‘n Stormer nie so André en Ansie kon lekker gesels. Ansie en André het nooit mekaar se gedagtes verlaat nie...

 

Van lang geselsies op Whatsapp, Steve Hofmeyer optredes en ook movie dates saam met mekaar, het als soos ‘n droom gevoel, met vlinders in die maag en glimlagte op die gesigte.

8 Mei 2013 by Primi Piatti oor ‘n heerlike bord Pasta, vra André die eerste groot vraag; ”Sal jy my meisie wees?” Sy gee toe ‘n direkte en vinnige ja waarna André net glimlag. En die droom word ‘n wonderlike werklikheid.

 

Dae, weke, maande selfs jare gevul met movie dates, vakansies, plaas naweke, uitstappies en natuurlik ‘n paar rusies gaan verby.

 

Laat 2017 het André besluit Ansie is sy “partner” en hy wil die res van sy lewe saam met haar spandeer, waarna hy soek en soek en soek na ‘n ring tot hy die perfekte een kry.

 

Die ring is gekoop, ouers is gevra en die guts bymekaar geskraap (met die hulp van eksterne faktore). André en Ansie gaan eet Maandag aand 30 April 2018 by The Publican (André het n view gesoek en Ansie weet van niks). Dit neem André ‘n paar “smoke breaks” om die reëlings te tref vir die groot vraag maar hy maak dit ‘n sukses, al het Ansie die seil laat saak en André se plan met die asemrowende uitsig amper in die hak gery. Net daar kom die nagereg, soos beplan deur André en die bestuurder. Vergeet hoe elegant die nagereg lyk, Ansie is bekommerd want “Hoekom is daar ‘n boksie in my poeding?”. Soos sy wil uitvind oor die boksie in haar nagereg, sak ‘n bewende, sweterige André op sy knie langs haar, met die ring in sy hand en hy vra DIE groot vraag; “Sal jy met my trou?”.

 

Met ‘n groot skok, ‘n paar asem teugies en trane in die oë gee Ansie die antwoord wat André se hart laat rustig raak; “JA, JA, JA, JA!!!!”.

 

Die tyd het verby gegaan en dit is nou tyd om die finale Ja aan mekaar te sê, en hiermee vra ons jou om die groot Ja saam met ons te deel.